Skep in my ‘n rein hart original lyrics and melody based on Ps 23 & 51 Annalene C. Nel-Venter written in 2002 all rights reserved. non waived. culture of respect and honor 2025
VERS 1 Skep in my ‘n rein hart Eloah omvou my in U Liefd Red my van die onheil hier laat U geregtigheid geskied (herhaal)
KOOR Laat my op groen weiveld wei en by waterstrome rus mag ek in U huis dan bly solank as my lewe is (herhaal)
VERS 2 In die skadu van U toevlug Eloah is waar U my sal vind veilig soos U oogappel koester U my as U kind (herhaal)
KOOR Laat my op groen weiveld wei en by waterstrome rus mag ek in U huis dan bly solank as my lewe is/ (herhaal)
Woorde van ons lyw’ musiek en woorde deur Annalene C. Nel-Venter 2024 alle regte voorbehou (geskryf en komponeer 2004)
VERS 1 Ek het jou opgetel en afgestof van die kronkelpad tot hier jou liefgekry en opgetof vir ons reis tot nimmereind
KOOR En daar is niemand anders hier as ek en jy in die niet Ons liefde is die woorde van ons lyw’ Daar is niemand anders hier as ek en jy en ons liefd Ons liefde is die taal wat ons harte ruil
VERS 2 Ek het my opsitkers en trousseau kis al lankal afgeleef Toe kom jy op jou blinkvosperd jy’t my drome laat herleef
My Lovey original lyrics and melody by Annalene C. Nel-Venter 2006 released 2025 all rights reserved. none waived. culture of respect and honor.
VERSE 1 Love is, love is you and me My Lovey love is, love is the drink of choice red wine you have to sip it Love is, Love is the most dangerous thing, My Lovey
PRE CHORUS For Love is as strong as death Love is a conqueror Love is the Truth that makes dreams a reality Love is, Love is You and me, My Lovey
CHORUS: And I am intoxicated by you like wine I could drink you in and be lost in time
Koue Karoo Herfsaand oorspronklike woorde en wysie deur Annalene C. Nel-Venter 2025 all regte voorbehou. geen van afgesien nie. kultuur van respek en eer.
VERS 1 ’n bottel sjerrie en rooiwyn vir ’n koue Karoo Herfsaand ’n bietjie liefde onder sterre en ’n amper sekelmaan ’n gekraakte glas in jou hande en liedjies van ’n oujaar redding het ’n roepstem in die ritme van jou hart
KOOR Hou my vas moet my nooit laat gaan nie Hou my vas beloof jy sal my nooit verlaat nie jy weet reeds te veel van my af dit koester my al maak dit my bang jy’s ’n man so na my hart
VERS 2 ’n Soel Someraand onder ’n straatlamp kyk ons liggies van die stad ’n horison vol flikkers wat lewe in die donker verklap ’n bruin papiersak vol emosie ’n bietjie troos vir ’n swaar hart liefde het ’n lyf gekry en hy hou my in sy hand
Kopiereg is so beperk. Byna soos om iemand te boelie en te sê hulle moet skreeu ‘mercy’ as dit te erg raak…
Is dit dan die maatstaf waarvolgens lewe gemeet word?
Of is dit net nog ‘n skaal van goed en kwaad wat tog na dood lei?
…soek die antieke weë op en wandel daarin dat dit tot lewe vir jul en jul nageslagte sal wees!
Jeremia in my eie woorde
Met die oogmerk om opnuut ’n kultuur te skep van glorie en eer, handhaaf respek vir die werk wat ’n leeftyd neem om voort te bring en wat as ’n kanaal vir voorsiening tot lewe dien.
Vind vreugde en wonder deur die werk en skep met die inspirasie hiervan dit wat die gawes en roeping van u lewe is.
Maak geen afskrif (steel) hoegenaamd van enige deel van die werk nie sodat die werke van u hande vele goeie vrug kan voortbring en dat u beklee kan wees met glorie en eer.
Geen gedeelte van hierdie webtuiste en verwantes se produkte, skrywes, beelde en klanke mag sonder die skriftelike toestemming van die skepper(s) hiervan gereproduseer of in enige vorm deur enige meganiese of elektronies middel weergegegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, rekenaarskandering of enige ander stelsel vir die ontsluiting of bewaring van inligting.
Ek is so lelik Veral sonder grimering Vol vlek en rimpel, so faal, Oud, soveel gebreke
Ja dit is waar – daar is baie dinge wat ek doen Maar niks volgens die wêreld se standaard Dat iemand daarvoor sal wil betaal…
Want ek is te alledaags, Afgesloof, net ‘n huisvrou, net ‘n Ma Kyk hoe lyk die kinners en die huis So selfs dit is iets waarin ek faal
Dan kom ek net soos ek is Na U en U koester my soos ‘n moeder ‘n kind en U sê:
Ek is nie hoe ek lyk nie Ek is nie hoe ek voel nie Ek is nie wat ek dink nie Ek is ek is wat ek is
Ek is nie my gisters Ek is nie my môres Ek is nie wat ander van my dink of sê Of aan my doen nie Ek is wat ek is, ek is
Ek is nie wat ek het of nie het nie Ek is nie wat ek weet of nie weet nie Ek is nie wat ek doen nie Ek is. Ek is wat ek is. Ek is!
KOOR: Ek is Lig Ek is Geliefd Ek is liefde Die dogter van die SkepperGodKoning Die dogter van die SkepperGodKoningin Ek is wat ek is want U IS my Vader en Moeder
U is U is U is wat U is Die Ek Is Wat was, Wat Kom Wat Is U is Ewig, U is Enig Glorieryk in U Majesteit U is Bowenal OpperGod U is die Ek is
En daarom is ek. Ek is wat ek is.
KULTUUR VAN RESPEK EN EER: annalenecnelventer2023 alle regte voorbehou.
Kultuur van Respek en Eer 👑 🌹 🕊 📜
Díé hier is my huis en in my huis mag ek rondloop in my langste sleeprok en hard sing óf in stukkende klere sonder grimering met 'n vuil vloer en dalk lelik praat, perongeluk of te not. In jou huis mag jy doen wat jy wil, maar in my huis mag ek kies wat ons speel en wat ek voorsit om te eet (jy hoef nie te eet as jy nie wil nie) en sal jy nie my goeters breek of steel nie (want die tipe jy wat hier inkom verstaan dat dit vanpas is dat jy jy is en ek ek is en wil hê wanneer gaste by jou kom kuier dat jy en joune ook heel en mooi bly). As dit jou pas, is jy só welkom en indien nie, asseblief hou verby.