
Lelik – Annalene C Nel-Venter. Hayah.
Ek is so lelik
Veral sonder grimering
Vol vlek en rimpel, so faal,
Oud, soveel gebreke
Ja dit is waar –
daar is baie dinge wat ek doen
Maar niks volgens die wêreld se standaard
Dat iemand daarvoor sal wil betaal…
Want ek is te alledaags,
Afgesloof, net ‘n huisvrou, net ‘n Ma
Kyk hoe lyk die kinners en die huis
So selfs dit is iets waarin ek faal
Dan kom ek net soos ek is
Na U en U koester my soos ‘n moeder ‘n kind en U sê:
Ek is nie hoe ek lyk nie
Ek is nie hoe ek voel nie
Ek is nie wat ek dink nie
Ek is ek is wat ek is
Ek is nie my gisters
Ek is nie my môres
Ek is nie wat ander van my dink of sê
Of aan my doen nie
Ek is wat ek is, ek is
Ek is nie wat ek het of nie het nie
Ek is nie wat ek weet of nie weet nie
Ek is nie wat ek doen nie
Ek is. Ek is wat ek is. Ek is!
KOOR:
Ek is Lig
Ek is Geliefd
Ek is liefde
Die dogter van die SkepperGodKoning
Die dogter van die SkepperGodKoningin
Ek is wat ek is want U IS my Vader en Moeder
U is U is U is wat U is
Die Ek Is
Wat was, Wat Kom
Wat Is
U is Ewig,
U is Enig
Glorieryk in U Majesteit
U is Bowenal
OpperGod
U is die Ek is
En daarom is ek. Ek is wat ek is.
KULTUUR VAN RESPEK EN EER: annalenecnelventer2023 alle regte voorbehou.
