
Woorde van ons lyw’ musiek en woorde deur Annalene C. Nel-Venter 2024 alle regte voorbehou (geskryf en komponeer 2004)
VERS 1 Ek het jou opgetel en afgestof van die kronkelpad tot hier jou liefgekry en opgetof vir ons reis tot nimmereind
KOOR En daar is niemand anders hier as ek en jy in die niet Ons liefde is die woorde van ons lyw’ Daar is niemand anders hier as ek en jy en ons liefd Ons liefde is die taal wat ons harte ruil
VERS 2 Ek het my opsitkers en trousseau kis al lankal afgeleef Toe kom jy op jou blinkvosperd jy’t my drome laat herleef
KOOR X 2
