Posted on

KULTUUR VAN EER

Kopiereg is so beperk. Byna soos om iemand te boelie en te sê hulle moet skreeu ‘mercy’ as dit te erg raak…

Is dit dan die maatstaf waarvolgens lewe gemeet word?

Of is dit net nog ‘n skaal van goed en kwaad wat tog na dood lei?

…soek die antieke weë op en wandel daarin dat dit tot lewe vir jul en jul nageslagte sal wees!

Jeremia in my eie woorde

Met die oogmerk om opnuut ’n kultuur te skep van glorie en eer, handhaaf respek vir die werk wat ’n leeftyd neem om voort te bring en wat as ’n kanaal vir voorsiening tot lewe dien. 

Vind vreugde en wonder deur die werk en skep met die inspirasie hiervan dit wat die gawes en roeping van u lewe is.

Maak geen afskrif (steel) hoegenaamd van enige deel van die werk nie sodat die werke van u hande vele goeie vrug kan voortbring en dat u beklee kan wees met glorie en eer.  

Geen gedeelte van hierdie webtuiste en verwantes se produkte, skrywes, beelde en klanke mag sonder die skriftelike toestemming van die skepper(s) hiervan gereproduseer of in enige vorm deur enige meganiese of elektronies middel weergegegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, rekenaarskandering of enige ander stelsel vir die ontsluiting of bewaring van inligting.