
Geliefde en Beminde

DÃé hier is my huis en in my huis mag ek rondloop in my langste sleeprok en hard sing óf in stukkende klere sonder grimering met 'n vuil vloer en dalk lelik praat, perongeluk of te not. In jou huis mag jy doen wat jy wil, maar in my huis mag ek kies wat ons speel en wat ek voorsit om te eet (jy hoef nie te eet as jy nie wil nie) en sal jy nie my goeters breek of steel nie (want die tipe jy wat hier inkom verstaan dat dit vanpas is dat jy jy is en ek ek is en wil hê wanneer gaste by jou kom kuier dat jy en joune ook heel en mooi bly). As dit jou pas, is jy só welkom en indien nie, asseblief hou verby.
This will close in 0 seconds