Posted on

Niemand Spesiaal

niemand spesiaal
WOORDE EN MUSIEK DEUR Annalene C. Nel-Venter 2005
VERS 1
Jy’ so bang, bang om te lag.
Bang ek jou van jou en ek klou aan jou vas

Jy’s so bang, bang dit raak te laat
Bang vir seerkry, bang vir jouself

Jy’s so bang, bang om te praat
Bang ek sal verstaan en jy mis ‘háár’

VOOR KOOR
So ek weet
jy moet liewer gaan
anders word jou vrees
en my drome dalk net waar
en ek vra:

KOOR
Bly, bly hier by my
Deur die diepste donker
Deur die mooiste dag
Bly, bly hier by my
sê my dis lekker, sê my dis laf
Bly, bly hier by my
Oortuig my dis waansin
Hou my stywer vas
sê dis ’n sonde, sê dis net ’n waan
sê ek’s ’n engel, maar jy moet liewer gaan
want ek is niemand spesiaal

Bly, bly, bly, bly, bly hier by my
bly hier by my
bly, bly,bly,bly,bly hier by my
bly hier by my…
al is ek niemand spesiaal

VERS 1 (herhaal)
Jy’ so bang, bang om te lag.
Bang ek jou van jou en ek klou aan jou vas

Jy’s so bang, bang dit raak te laat
Bang vir seerkry,
bang vir jouself

KULTUUR VAN RESPEK EN EER: kreatiewe werk geskep en verwerk deur Annalene C. Nel-Venter 2005. Alle regte voorbehou.