
Skep in my ‘n rein hart
original lyrics and melody based on Ps 23 & 51 Annalene C. Nel-Venter written in 2002 all rights reserved. non waived. culture of respect and honor 2025
VERS 1
Skep in my ‘n rein hart Eloah
omvou my in U Liefd
Red my van die onheil hier
laat U geregtigheid geskied
(herhaal)
KOOR
Laat my op groen weiveld wei
en by waterstrome rus
mag ek in U huis dan bly
solank as my lewe is
(herhaal)
VERS 2
In die skadu van U toevlug Eloah
is waar U my sal vind
veilig soos U oogappel
koester U my as U kind
(herhaal)
KOOR
Laat my op groen weiveld wei
en by waterstrome rus
mag ek in U huis dan bly
solank as my lewe is/
(herhaal)
