
Koue Karoo Herfsaand
oorspronklike woorde en wysie deur Annalene C. Nel-Venter 2025 all regte voorbehou. geen van afgesien nie. kultuur van respek en eer.
VERS 1
’n bottel sjerrie en rooiwyn
vir ’n koue Karoo Herfsaand
’n bietjie liefde onder sterre
en ’n amper sekelmaan
’n gekraakte glas in jou hande
en liedjies van ’n oujaar
redding het ’n roepstem
in die ritme van jou hart
KOOR
Hou my vas
moet my nooit laat gaan nie
Hou my vas
beloof jy sal my nooit verlaat nie
jy weet reeds te veel van my af
dit koester my
al maak dit my bang
jy’s ’n man so na my hart
VERS 2
’n Soel Someraand
onder ’n straatlamp
kyk ons liggies van die stad
’n horison vol flikkers
wat lewe in die donker verklap
’n bruin papiersak vol emosie
’n bietjie troos vir ’n swaar hart
liefde het ’n lyf gekry
en hy hou my in sy hand
KOOR
EINDE
hou my vas vanaand…
